‍ ‍« Vorige snit‍ ‍Volgende snip »

Helde

Helde
Mirrors and Dreams

Jy wil so graag gesien word
en klink tog so beskeie,
maar jou storie van sukses
bly maar net jou eie

Niemand deel in al jou weelde
of leer uit jou klankgrepe
In die kultus van die self
word selfs gierigheid beloon
en pionne op die bord
Is net daar vir die kroon

Die wat vir jou werk
moet alles vir jou gee
Lang ure in die nag
vir bande nooit gesmee

Wees tog net suksesvol,
word tog net beroemd
Maar die wat ander help
bly my grootste held

Harte so gevoelvol,
motiewe nooit vermom
se woorde is soos lig
vir almal oral om

Paaie deur opregtes,
nie die magdom van die grotes bring hoop vir dit wat reg is
en dat die lewe... moeite werd is

Oom Wessel was ’n dokter,
Jurie sy vennoot
Kosteloos na ure
verlig hul oral nood

Oom Fanie was Toyota,
André — prokureur,
maar baie word gehelp
met of sonder geld

Redding kom ter see,
teen berge wat ontvlam,
teen rampe oral oor,
teen siektes wat so moor

Sooliman of Schweitzer
en baie wat steeds help
Uit liefde…nooit vir geld

Harte so gevoelvol,
motiewe nooit vermom
se woorde is soos lig
vir almal oral om

Paaie deur opregtes,
nie die magdom van die grotes
bring hoop vir dit wat reg is
en dat die lewe... moeite werd is