« Vorige snit Volgende snip »
Bron
Hoekom moet almal
so hard werk?
Sterkes teen swakkes
in dieselfde kerk
Hoekom word leërs
vandag nog ontplooi?
Hoekom word tonne
kos weggegooi?
Jy sal altyd meer hê
as wat jy wegsit
Jy sal altyd net wees
waar jou hart sit
Alles gebeur- uit ons intensie
en die lewe is meer
as vier dimensies
Ons gees is die bron
waaruit alles kom
en die wêreld is maar net
die spieël oral om
Hoekom is hul altyd
reg uit die bose?
Wie het die waarheid…
tussen Weste en Ooste?
Hoe kan ons vandag nog
steeds glo in haat?
Hoe lank sal ons aanhou
om soos hulle te praat
Jy sal altyd meer hê
as wat jy wegsit
Jy sal altyd net wees
waar jou hart sit
Alles gebeur- uit jou intensie
en die lewe is meer
as vier dimensies
Jou gees is die bron
waaruit alles kom
en die wêreld is maar net
die spieël oral om