Volgende snip »
Skadu
Die tafel is gedek
en die disse staan so sierlik
Ons kan nou maar gaan aansit maar jou gees is so bedruk
Jou hart breek in die skadu
van genade oral om
Jy kan dit net nie sien nie,
maar ek sien al hoe jy blom
Al die swaarkry is nou agter
en die rondjaag in beton
Ek wil jou graag verwelkom
tot die oorvloed oral om
Maar vrese word bewaarheid
en gedagtes word versteen
Wat binne is, word buite
in jou wêreld waargeneem
Jou hart voel nog die skadu
want die jare weeg 'n ton
Maar dis tyd om te kom aansit,
want oorvloed het gekom
Ek wil jou hier verwelkom
want ons lewe om te blom