‍ ‍« Vorige snit‍ ‍Volgende snip »

Sewe

Sewe
Mirrors and Dreams

Soveel dinge op een slag,
soveel dramas elke dag
Ek sou alles wou beplan
en alle pyn verban

Sewe emosies in die son
Sewe oktawe in die blom
Sewe gode wat my speel
Sewe kaarte is gedeel

Die draaiboek flits verby
en die skerm hou skaars by
Die teater is propvol
Elke kyker speel sy rol

Ek verbeel die een daarbinne
en ek is die een daarbuite
Dit is ek wat innig voel-
soos ek hardloop met die rol

Sewe emosies in die son
Sewe oktawe in die blom
Sewe gode wat my speel
Sewe kaarte is gedeel