Ritme

Ritme
Mirrors and Dreams

Instansies en dogmas reguleer, mense en firmas kompeteer-elkeen vir die self

Almal glo aan skaarsheid
So hou maar wat jy het
Selfs die wat alles het

Die jare gaan en kom-
dis tyd vir 'n nuwe ritme
Vir 'n lewe in die son,
'n lewe sonder krukke

Boeke praat van eenheid,
vir die wat soos jy weet
Almal voel alleenheid
en almal voel die leed

Soos hul jou daagliks koud bel
of advertensies jou vertel:
Hul wil jou so graag help
en soek maar net jou geld

Die aarde sal nog blom
in die lig se nuwe ritme
'n lewe in die son,
'n lewe sonder krukke

Almal sal nog een wees
en eendag vir mekaar leef
Maar die grotes moet eers val,
met die wereld se bestel