« Vorige snit Volgende snip »
Harte
Bitter is die grense
van onvervulde wense
tussen soveel mense
Oë wat liewer afkyk
om 'n ander te ontwyk
Want die vrese is reëel
En die kop weet net te veel
Dis blink in die son,
waar die somerson opkom,
die spelers beide speel,
met die kaarte goed gedeel
Dis so helder in die kyk
deur oë wat duidelik blyk,
die vlamme is nou hier,
met die olie op die vuur
Hoe dit ookal uitkom
Liefde sal moet blom
Harte sal moet uitspeel,
want die kaarte is gedeel
Ons kan nie hardop sê
wat ons harte soms wil hê
Meer as drange in die bloed
en dikwels bittersoet
Want die wêreld vra verstand
Maar die hart sy eie redes
en dit hou net geen verband
met die planne wat gesmee is
Dis blink in die son,
waar die somerson opkom,
die spelers beide speel,
met die kaarte pas gedeel
Dis so helder in die kyk
Deur oë wat duidelik blyk,
die vlamme is nou hier
met die olie op die vuur