Gloei

Gloei
Mirrors and Dreams

Ons sing net gou 'n flaglied
en staan gedwonge stil,
op aandag nog 'n slag,
maar vryheid lê en wag

Bosse, grotte, kranse,
see en sand en 'touchies'
Vurig in die danse-
vir pragtige meisies

Die kersboom vol belofte
'Boney M' wat speel":
'Dreaming of White Christmas' en 'Little Drummer Boy' Feesmaal en partytjie
en so 'n groot familie
Niggies, al die nefies
en die oues ken nie 'preuts' nie

Nuwejaar is deurnag,
die toekoms in die verte
Ons leef net elke dag
vol krag van uur tot uur

Dit kleef in my gedagtes
en gloei nog in die diepte

Oomblikke so soet
soos strome in die siel
'n See van diep verlange
in droom verlore lande

Donker, grys verlede,
toekoms bring jou vrede
Eendag kom die rus
vir spelers van die hede

Eerste lig en koffie-
Drie reg na mekaar
‘Kaptein bespied die vertes
om die vyand te gewaar’
Beelde uit 'n boek
wat my elke dag besoek

In die truspieël en so pragtig-
'Endless Road' wat speel
Die melodie oorweldig
en gevoelens net te veel

Dit kleef in my gedagtes
en gloei nog in die diepte

Oomblikke so soet
soos strome in die siel-
'n see van diep verlange
in droom verlore lande

Donker, grys verlede,
toekoms bring jou vrede
Eendag kom die rus
vir spelers van die hede