« Vorige snit Volgende snip »
Helde
Gees en Bloed
Jy wil so graag gesien word
en klink tog so beskeie
maar jou storie van sukses
bly maar net jou eie
Niemand deel in al jou weelde
of leer uit jou klankgrepe
In die kultus van die self
word selfs gierigheid beloon
en pionne op die bord
is net daar vir die kroon
Die wat vir jou werk
moet alles vir jou gee
lang ure in die nag
vir bande nooit gesmee
Wees tog net suksesvol
word tog net beroemd
maar die wat ander help
bly my grootste held
Harte so gevoelvol,
motiewe nooit vermom
se woorde is soos lig
vir almal oral om
Paaie deur opregtes,
nie die magdom van die grotes bring hoop vir dit wat reg is
en dat die lewe... moeite werd is
Oom Wessel was ’n dokter,
Jurie sy vennoot
Kosteloos na ure
verlig hul oral nood
Oom Fanie was Toyota,
André — prokureur
Maar baie word gehelp
Met of sonder geld
Redding kom ter see,
teen berge wat ontvlam,
teen rampe oral oor,
teen siektes wat so moor
Sooliman of Schweitzer
en baie wat steeds help
Uit liefde — nooit vir geld
Harte so gevoelvol,
motiewe nooit vermom
se woorde is soos lig
Vir almal oral om
Paaie deur opregtes,
nie die magdom van die grotes
bring hoop vir dit wat reg is-
dat die lewe... moeite werd is