Voëlvlei

Koppies met kranse en bos
ruens se gange verlos
die omsingelde vleiland

Aalwyn en turksvy in die rante
bosbok, grysbok en fisante
Riete, grassies en verwante
blomland en sprietjies in die kante

In die ritme van aarde en son
soos natweer ongereeld kom
en waters die wêreld benader
sal lewe rondom vergader

Visarend sweef in die dag
hou oor karp die wag
en sterre voeg nog prag
tot padda-kore nag

Die tyd loop stadig saam
met water, grond en maan
en oorvloed, altyd later
verdamp soms soos jou water

Sedert paar honderd jaar
het ons ook hier vergaar
met hekke, lande, grense
huisies en reënwense

Boere vang graag vis
langs die Gouritz en die kus
Kuier en dans in Mond Hotel
vier doppe, dan vaarwel

Want as jy jou tyd verpas
kom ’n tante met karwats

Familie-erf genaam
soos drome, kom en gaan
Indiese aristokrasie
’n Spieël hang in murasie

Die wonders van hierdie natuur
is ongereeld en duur
vir dié wat hier groot word
en nooit daarvan los word
Soos die gees van ’n Duitse soldaat
wat sy grond nou self bewaak

Die tyd loop stadig saam
met water, grond en maan
en oorvloed, altyd later
verdamp soms soos jou water

‍ ‍« Vorige snit‍ ‍Volgende snip »

Voëlvlei
Mirrors and Dreams

Voëlvlei is ’n stil vlei naby Mosselbaai, waar Duitse en Hollandse setlaars hulle honderde jare gelede gevestig het — onder andere my voorsaat, Paul Ludwig Zietsman, waarskynlik teen 1780.

Die vlei beleef nat en droë jare- pragtig veral in nat jare. Boerdery is nie maklik in hierdie oorwegend droë wêreld nie My pa het ook hier op ’n plaas grootgeword, en soos sy broers het hy ’n diep liefde vir hierdie wêreld ontwikkel — vir die natuur, die stilte, die rivier en die oop landskap.

Die breër omgewing rondom die Gouritzrivier en sy monding, met sy plaasgemeenskappe,karakters en stories- het 'n ook 'n groot indruk op my gemaak- veral as kind

Hierdie liedjie is ’n huldeblyk aan daardie plek: ’n herinnering aan eenvoud, aan mense nader aan die aarde, en aan ’n manier van leef wat stadig verdwyn