Mosselbaai

Skuim ontploffings
van brander teen rots
In magtige botsings
word baaiers verlos

Heen-en-weer stroom
Diepsee verkwikking
Gety sloep droom
en Blougat beskutting

Baaiers veleë
oor jou kalm, warm see
By Santos en De Bakke
se luilekker strande

Swelle loop oor die baai
as die Weste wind waai
'Ding Dang' ontplof
en selfs 'Reef' word rof

Diep blou waters alle kante
Die Baai het verwante
Prettige ure, tente en vure

Die lighuis streel sag
Met lig oor die nag
Glinster son prag
val wyd oor die baai
en ligpers geverf
Lê Outenikwa se berg

Jou veilige hawe
is 'n grootse gawe
Vra maar vir Diaz
of Vasco Da Gama

Die eerste verkopers
was die Khoi Strandlopers
van skape en beeste
aan die Portugese

Die lighuis streel sag
met lig oor die nag
Glinster son prag
val wyd oor die baai
en ligpers geverf
Lê Outenikwa se berg

‍ ‍« Vorige snit Volgende snip »

Mosselbaai
Mirrors and Dreams

Mosselbaai is ’n liedjie (vanuit 'n gedig wat ek voorheen geskryf het) oor die kusdorp waarin ek grootgeword het — ’n plek deurdrenk van geskiedenis, see, en herinneringe.

Vir virieke en albums besoek mirrorsanddreams.com

Vir baie mense, insluitend myself, bly dit ’n bron van nostalgie: eindelose somers, rots- en sandstrande, die geur van die see, en die ritme van 'n rustigheid wat deur jou lewe eggo.

Mosselbaai is die oudste aangetekende landingsplek aan die Suid-Afrikaanse kus en die eerste plek van volgehoue Europese kontak in die land se geskiedenis. In 1488 het Bartolomeu Dias hier aan wal gegaan om vars water in te neem — ’n oomblik wat deel geword het van die groot Ontdekkingsreise rondom Afrika.

Vir eeue daarna het Portugese seevaarders telkens na hierdie baai teruggekeer as veilige ankerplek op hul reise om die kontinent. Maar lank voor enige seile aan die horison verskyn het, was hierdie kus reeds die tuiste van die Khoi-mense — mense wat in harmonie met die wind, die see, en die land geleef het.

Hierdie lied probeer iets vasvang van die gees van Mosselbaai- en die effek wat dit op mense het