Diamand

Sterre en Drome

Lyrics

Hoe jy praat- en hoe jy is,
jy’s soos ’n skatkis

En hoe dit is, hoe ek jou mis-
dit is gewis

Want jy, jy, jy, jy-
jy’s soos ’n diamant!
En jy, jy, jy, jy-
jy’s so sjarmant!

Hoe jy kyk — en hoe jy voel
jy’s soos my lewensdoel

En hoe ek kwyn_ en ophou skyn
as jy verdwyn…

Ja jy, jy, jy, jy-
jy’s soos ’n diamant!

En jy, jy, jy, jy-
jy’s so sjarmant!

En ons twee saam
Ons het 'n goeie baan

Of is dit als
net my eie waan

Diamant is ’n eenvoudige, ou-wêreld liefdesliedjie wat ek net so in ’n droom gehoor het. Die eerste vers en koor was klaar gevorm — dit het gevoel soos iets uit my kinderdae, asof ek dit dalk in die sewentigs iewers gehoor het (toe ek nog klein was).

Ek droom baie nuwe musiek, so dit verras my nie meer nie. Dis ’n liedjie oor daardie sagter, nostalgiese soort romanse wat mens min sien vandag. Elke tyd het sy mooi en sy minder mooi goed, maar dié liedjie kyk net na die warm, goeie deel daarvan.

Die video sit alles in ’n ou Suid-Afrikaanse tydperk, maar dis net ’n fantasie — ’n bietjie dromery oor hoe dinge dalk geklink en gevoel het