Struisbaai
Wind wat roep
oor visserman-kaai
na Platwaterhoek
se Luilekkerbaai
of branders soek
as Langezand woed
Somerlou of winterkou
die hart ontvou
soos stilte bou
uit die storm se gloed
en diepsee-moed
Ek wil altyd net terugkom
en immer net hier wegkom
van die stad se harde lyne
met sy lewe eers tersyde
met jou see in my rondom
wil ek net weer in die son kom
Grondpaaie
en viertrek-draaie
oor duine-rante
van alle kante
die sonblou lig
en ons dieper sug
Na dae sonder lyne
sonder stadsgeluide
Ek wil altyd net terugkom
en immer net hier wegkom
van die stad se harde lyne
met sy lewe eers tersyde
met jou see in my rondom
wil ek net weer in die son kom
« Vorige snit Volgende snip »
Sedert my jeug het Struisbaai ’n byna magiese aantrekking gehad — ’n naweek-ontvlugting van die lugmagbasis, waar sokkies, partytjies, mooi meisies en ’n gevoel van ongebonde vryheid alles saamgekom het.
Tot vandag toe bly dit my gunsteling plek — die strand en see, die ooptes en pragtige , warm, turkoois see. Struisbaai is 'n wereldklas 'kitesurf' plek- en die 'local' entoesiaste is self wereldklas. Selfs nou, al bly ons in Stellenbosch, ry ons maklik deur vir net 'n middag of selfs halwe middag se pret
En natuurlik die tye met vriende — braaie, lag, en onvergeetlike aande. Struisbaai was nog altyd my (en baie ander) se drook van ontvlugting, Vryheid en goeie pret